Kobus Naude

Kobus Naude

Ek wonder of jy ooit besef het waste stempel jy regtig op my afgedruk het Ek wonder of jy ooit gesien het hoe ek op elke detail let
Al was dit net speels wat jy die stempel met jou handtekening op my wang druk Was dit jou vriendelikheid wat in my jongmeisie hart kom druk het Ek onthou al die middae na skool wat jy ons atletiek afgerig Ek onthou hoe hard ek probeer het om vir jou te dig
Hoe sou ek weet dat ek jou nooit weer sou sien
My gunsteling onnie, jy het nie so ‘n dood verdien
So graag sou ek jou wou ondersteun in daardie tyd
Net om my dankbaarheid aan jou te betoon
Hoe graag sou ek net weer jou glimlag wou sien
Daardie hartlike liefde van jou so groot en wyd
Ek wonder of jy ooit aan my gedink het na jy weg was
Of ek ook ‘n indruk op jou gelos het
Ek sal nooit vergeet die mens wat ek agter die onnie leer ken het Al was ons nooit meer as onderwyser en kind
Was jy op ‘n manier vir my ook ‘n vrind
My hart was seer dat jy moes weg gaan na die myn
Maar my droefheid is onblusbaar, want die Here het jou kom haal Kobus, hoe graag sal ek net weer jou glimlag wou sien
Niemand het jy ooit seergemaak, so ‘n dood het jy nooit verdien As ek maar net geweet het dat ek jou nooit weer sou sien
Dalk sou ek dan met ons laaste afskeid groet jou styf teen my vas gedruk het Dalk sou ek selfs vir jou kon sê: Ek het jou lief
My ou onnie, steeds mis ek jou elke dag
En dae soos vandag wonder ek is jy dalk hier naby my
Is dit die rede waarom ek weer so ‘n groot verlange kry

Posted in Gedigte.

2 Comments

Leave a Reply