Klein gelowig

Heer, vergewe ons met ons kleingelowigheid.
Ons verstaan nie altyd nie.
En ons kan nie vooruit sien nie. Ons lewe het gejaagd geword. Heer, U sien wat om ons aangaan.
U ken ons harte.
Vul ons gedagtes met U liefde en genade.
Heer, leer ons om weer die mooi in alles te sien.
Heer, leer ons om weer asem te skep.
Al is dinge soms moeilik vir ons om te verstaan.
Heer, raak ons aan en maak ons stil.
Ek bid vir al die mense van ons land.
Mense wat sonder werk.
‘N heenkome verloor het.
Mense wie se geliefdes weggevat is.
Heer, daar is mense wat veg vir jul lewens.
Ek bid vir elke persoon wat platgeslaan voel.
Wat nie meer sin het vir die lewe nie.
Heer, ons samelewing het so hard geword.
Ek bid vir U aanraking.
Dankie Heer, want U liefde is getrou.
Dankie Heer, want U genade is genoeg.
Amen

Posted in Gedigte.

Leave a Reply