Klanke

In die stilte van die nag hoor jy baie vreemde dinge.
Selfs die stilte het ‘n manier om met jou te praat.
Heer, ons benodig U raad.
Vanaand het ‘n ander klank my uit die slaap kom wakker ruk.
En ‘n koue, verlate gevoel, het aan my hart kom pluk.
Heer, waar is die geregtigheid ?
Vanaand se klank, uit die bek van ‘n pistool,
daarop gemik om iemand se siel te verkool.
Daarop gemik om iemand se lewe onherroeplik te verander.
Ek hou nie van daardie geluid.
Heer, dankie dit was nie op my gerig.
Heer, dankie, my geliefde was ook nie die teiken.
Heer, ek hou nie van daardie geluid.
Die klank van die nag moet rustig wees.
Die klank van die nag mag net aan die nagdiere behoort.
Net ‘n fluistering deur die blare en gras.
Net ‘n geritsel om tog lewe aan te dui.
Ek hou nie van die klan uit die bek van ‘n pistool.
Heer, beskerm ons land teen moordenaars en dienaars van satan. Heer, ons het so ‘n pragtige land, beskerm U dienaars.
Heer, hou U hand oor die onskuldiges wat vandag ‘n skoot moes kry. Heer, U alleen weet die pyn van die siel.
Heer, U alleen ken die pyn van agter bly.
Heer, U alleen kan dit alles stop.
Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply