Kizaan

Welkom aan Kizaan

Jou handjies is tog so klein
Jou velletjie al te fyn
Die oulikste neusie wat ek teen myne wil druk
Mag jou lippies die mooiste woordjies sê
Mag jou ogies net die mooi in die lewe sien
‘n voorreg is dit vir my om vir jou ‘n gedig te skryf
‘n geskenk so uit God se Hand
Mag jy die voorreg geniet om jou ouma- en oupa-grootjie te onthou Mag jy vroeg al leer om jou toekoms op die Here te bou
Mag jy altyd glimlag en ‘n sonstraal wees
Mag ons altyd geluk in jou oë lees
Mag ‘n rustigheid jou hele wese omvou
Mag jy baie lag en baie vreugde geniet
Heer, dankie vir Kizaan in ons lewe
Ek glo dat sy elkeen wat haar pad kruis sal vreugde leer
Ek glo dat sy U woorde vir ons sal kom leer
U het haar vir ons geskenk deur haar die beste ouers te gee wat U beskikbaar het Heer, ek wil ook bid vir Mariska en Johan,
Staan hulle by en help hulle om haar te gee wat sy nodig het.

Amen

Posted in Gedigte.

Leave a Reply