Kers en nuwejaarswens

Vir jou, my geliefde vriend, bid ek die volgende seën toe;
Mag jy op hierdie Christusfees die ware liefde en vreugde ervaar.
Mag jy opnuut dankbaar wees oor die geboorte van die Kind. Mag Sy liefde diep in jou hart kom lê. Ek bid jou toe ‘n geseënde dag.
Mag jy ‘n uitsonderlike dag ervaar sonder verwyte en baklei.
As jou dae gewoonlik gevul was met onsmaaklike gebeure mag dit hierdie keer andersom wees. Mag hierdie geluk en ware vreugde jou volg in die nuwe jaar.
Mag jy die ware genade en tydsberekening van God erken. Mag jy voorspoedig wees in elke besluit wat jy neem. Ek bid jou seën toe in die naam van Christus.
Sy genade en liefde ken geen perke.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Baie baie mooi God seen jou. Jammer ek comment nie elke eer. Mag Jy ook n geseende Christusfees geniet. XX

Leave a Reply