Jy

Vandag toe ek jou weer sien, jou glimlag. Ek het dit aan my mondhoeke voel pluk. Maar my hart was verskeur. My gedagtes het stil gestaan vir ‘n oomblik. Die rowe het weer oop gebars. Jou lag het deur my siel gesny. Eens het jy vir my gelag. In my oë gekyk. Aan my hare gevat. Maar nou is jy by iemand anders. Was dit so maklik om my te vergeet ? So maklik om iemand anders lief te kry ? Of was jy net nooit lief vir my ? Was ek nog al die tyd net nog ‘n kerf op jou stok ? Vanaand sal die wolke die maan versteek. Vanaand sal die winterwind deur my warm liggaam sny. En more sal die rowe weer moet begin groei oor hierdie skeure in my hart. www.facebook.com/pages/Hoe-vergeet-n-mens/257162781080307

Posted in Gedigte.

Leave a Reply