Jy is in my siel

Ek maak my oë toe, want jy’s in my siel.
Ek voel jou pyn en bid dat jy moet genees word.
Ek hoor jou gebede en bid dat dit verhoor word.
Ek sien jou voete sleep en vra dat jy hernude krag kry.
Jy, wat so diep in my hart en siel kom ingrawe het.
Elke dag bid ek jou liefde toe.
Soggens vra ek dat jy geseën sal word met innerlike krag.
Vir die middag bid ek vir uithou vermoeë.
Vir die aand bid ek jou beskerming toe.
Jy my geliefde vriend.
Vandag sê ek: dankie Heer, dat hierdie pragmens my vriend mag wees. Dankie Heer, dat U die smeekgebede verhoor.
Dankie Heer, dat ons ‘n pad mag stap.
Jy my geliefde vriend.
Mag jy hoog swewe op die wind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply