Jy bekoor my

Jy bekoor my

Jou lyf laat my hande verdwaal oor gedagtes van jou.

In vloeiende bewegings van gister tot nou.

Oor die vloer van ons saamwees kyk jy my aan.

Jou oë, die intense vuur van ons bestaan.

Jou smeulende liefde wat my kom bekoor.

Jou bestaan wat met my hele wese toor.

Jy bekoor my.

Jy bekoor my

Ritmies saam met die note swaai jou heupe, smeulend

Jou hande oor jou lyf, stadig, maar nie steurend.

Jou oë, gesluit, maar ek ken die vlamme daarin.

En wanneer jy die intense punt van jou dans bereik,

Is ek die een wat verstar, my bewegings stram, min.

Stadig trek jy my nader, die moegheid, verby, donker wolke wyk.

Jy bekoor my.

Jy bekoor my.

Jou los hare streel oor my gesig, jou liggaam steeds ritmies, verleidelik.

My hande reik uit, en raak in jou verstrengel, ek trap in die strik.

Om en om draai ons, steeds stadig, steeds ritmies, verwyder van al.

Ek wil jou nader trek, maar jy wieg uit my greep, dansend, asof jy val.

Jou bene, jou arms en hande, jou hele wese gryp my aan, daag my uit.

Jou bewegings, so goed uitgewerk, so vleiend soos jou hele wese.

Jy bekoor my.

Jy bekoor my.

Al in die rondte draai jy met my, jou liggaam daag myne vir ‘n twee geveg.

Ek weet nie wie is verkeerd en wie is reg.

Jou vingers speel deur my hare,

Die bloed kook in my are.

Jy is die danserres wat my heelal laat omtol.

Jy is die danserres wat my woorde in my mond laat stol.

Jy bekoor my.

Jy bekoor my.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply