Jy

Vasgevang in die misterie van jou bestaan
op ‘n afstand bewonder ek jou
in die maanstraallig sien ek die vonkel in jou oë
te bang dat jy sal verdwyn, raak ek sag aan jou wang
my hand bewe liggies
my stem is skor wanneer ek jou naam sag uitroep
Verlaat my tog nie, my liefling, roep my wese uit.
Hoe sal ek weet hoe lank hierdie oomblik gaan duur?
My tree volg onseker, onvas in jou spore.
Die glimlag bewe op my lippe
‘n deel van my sweef op die wolke
‘n ander deel wil omdraai en weghol. En jy ?
Hoe sal ek weet wat jou glimlag beteken
waarom gee jy my raad en gee jy om? Jy, my liefling, wat my wese laat bewe jy, met die spot in jou oë en die lag in jou stem.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply