Jou woorde

Jou woorde

Jou woorde is deur die wind na my gedra
Jou beeld is teen my vas gegooi, sonder dat ek vra
Jou glimlag het op my lippe kom lê
En iewers het dit vas gesteek, saam met die woorde wat jy sê Onbeantwoord het die liefde gegroei tot ‘n ewigheid
Soms het gedagtes aan jou gelei tot lighoofdigheid
Maar nooit kon ek jou myne noem
Nooit sal ek weet hoe proe jou goeie-nag-soen
Teen die morelig het ek jou eendag geterg, lank-lank gelede
Kan nie glo dit is so ver terug in die verlede
My hele wese roep elke dag jou naam
En soms kom die trane daarmee saam
Hoe sou dit wees om aan jou te behoort
Hoe sou dit voel as ek kon glo in jou elke word
Stuk vir stuk het ek gedink sou my wese gaan staan
Maar gedagtes en terugflitse word deel van my bestaan
In die wind sal ek hierdie woorde vir jou gooi
In ‘n bottel op die oop see sal ek die briefie gooi
Dalk sal jy dit kry en my ook onthou
Dalk het jy ook op ou gevoelens gebou
Maar wat help dit om in die verlede te gaan delf
Wat help dit om my stukkend te verlang na jou
Iewers, eendag, wie weet, sal ek jou dalk weer so kan vashou Tot dan sal ek maar lewe van gelukkige oomblikke van onthou

Posted in Gedigte.

Leave a Reply