Jou wese

Omring deur die water van die lewe, staan jy voor my.
Iemand wat deur die golwe geruk en pluk word.
Maar steeds bly jy staande, gereed vir die volgende aanslag. Soms is dit laagwater en jy spring vrolik en jillend enkel diepte. Jou glimlag trek my nader en jou aanraking sterk my.
En ander kere is dit ek wat jou optel, en jou weer stut.
Maar altyd bly jy naby my en altyd is jy deel van my gebede. Sonder ophou sal ek jou lief he.
Sonder ‘n pose sal jy deel wees van die mense na wie ek opkyk. Heer, dankie vir hierdie besondere persoon in my lewenskring. Dankie vir die woorde wat ons mag wissel.
Dankie vir die onsigbare band wat ons bymekaar hou.
Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply