Jou rotswande

Die wande van jou kranse is deur die eeue gevorm.
Diep gekeep om die asemrowendste mooi van jou binneste na buite te bring. Ek wonder of jy gehuil het terwyl jy so oopgekloof is.
Het jy dit as daaglikse pyn ervaar ?
Of was jy maar tevrede met jou lot ?
Wat sou jy kon sê as jy die pyn krete van die mense hoor wat deur jou stap ? Is dit jou eie pynkrete wat so ego wanneer iemand in jou grondpad af stap ? Wil jy jou arms om hulle vou ?
Hulle wegsteek in jou klowe, weg van die wolwe ?
Is dit hulle trane wat teen jou rotswande af loop en dit met mos bedek ? Hul geheime is veilig by jou.
In die nag is jy ‘n veilige vesting.
Somtyds sluk jy iemand in vir altyd.
Soms hou jy iemand net lank genoeg om homself weer te vind. Telkemale kom die ou bekendes net weer terug.
Somtyds kom nuwe mense verdwaal in jou kronkelpad.
Altyd lê jou grondpad oop.
Hard gebak deur die son.
Jou oë aanskou alles.
Jou woorde is stom.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply