Jou mos kleef aan my

Gister is maar ‘n geringe gedagte vandag
jou woorde het soos mos op my nat geswete lyf kom groei
Maar dit was so lank gelee’
jou glimlag het my kom verras agter die growwe boomstam
Maar nou het jy verdwyn onder die varingkombers
Gister se soene is in die mosbegroeide stam verberg
onsigbaar vir die, onbekend aan o’s,
Die fluistering van die herfswind dra nog jou liefkosing, al verder die bosse in jy het nog omgekyk:”sien jou weer”
jou glimlag, my belowe…
Maar dit, my liefling, het ook deur die seisoene tot kompos verbrokkel Nou voel my stywe spiere net die koue van die bosvloer onder my Weggesteek tussen die blare vind ek kort-kort ‘n spoor van jou Jou mos het teen my nat geswete lyf kom vasgroei
My trane, wat stadig drup-drup teen die geslote mure van my siel, bring verligting vir die grondgoggas wat jou memories ronddra Telkens hoor ek jou lag, iewers voor my in die bos,
dan lig myself weer tot volle lengte
Maar ja, dis maar net ‘n eggo van geluk so lank gelee’
Jou mos het teen my natgeswete lyf kom groei.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply