Jou lyne

Elke lyn op jou gesig gryp my aan. Elke lagplooi laat my glimlag. En ek wonder wanneer jy so gelukkig was. Elke trek van pyn en hartseer laat my hart ruk. En ek kry self ‘n somber uitdrukking. Ek wil my hande helend oor jou gesig vryf. Jou belowe dat ek elke seer en elke hartseer oomblik wil afvryf. Maar ons albei weet dis tog onmoontlik. Ek wil die lyne vul moet soenne en omgee. Maar dit sal onregverdig wees. Elke oomblik van jou lewe is deel van die wondermens wie jy is. Elke gelukkige oomblik gee jou krag. Elke hartseer oomblik leer jou iets. Dalk moet jy leer hoe om in ‘n sekere oomblik op te tree. Dalk is dit om jou te leer hoe om ‘n ander te behandel. In sekere gevalle leer dit jou om ‘n geliefde vriend te waardeer. Maar altyd leer hartseer jou om te bid tot die Vader. Altyd leer beproewing jou om te vertrou op God se genade. Maar ek bid vir jou. Ek bid dat jy sal lag as huil. Ek bid dat jy meer blydskap mag ervaar as hartseer. Ek bid dat jy sterker sal wees na ‘n terugslag. Ek bid vir jou, want jy is kosbaar.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply