Jou drukkie

Vir ‘n oomblik kan ek vergeet,
want jy oorheers my gedagtes
niks kan my seermaak
want jou omhelsing hou alles weg,
geen woorde kan my binne dring,
jou hartklop pols deur my are.
Die gevoel van jou wat my stadig oorneem;
elke spiertjie tot breekpunt gespits,
‘n Deel wil jou wegstoot:
wat sal ek maak as jy sou weggaan?
hoe sal ek daardie gevoel kan t’rug wen ?
Geen mens kan jou plek vul
geen omhelsing kan so, tot in my siel deurdring nie.
‘n deel van jou sypel deur my are,
elke millimeter van jou wil ek inneem. Styf teen jou lyf gee myne seine vir jou alleen jou antwoord lĂȘ in stilte in jou kykers
sagte lippe wat myne liefkoos
hande wat my stuur om te bereik waarna jy verlang
Jou lyf, jou siel, begeerlik tot in my binneste
‘n Drukkie van jou word ‘n gedig in my

Posted in Gedigte.

Leave a Reply