Jou beeld

Jou beeld lê afgefosiel in die sand,
Jou asem sweef op die wind na my hier op die strand.
Jou skaduwee spoel soos die branders oor my,
Jou afdruk langs my op die grond.
Ons liggame in mekaar gestrengel soos ons siele.
My lang hare omring jou gesig,
Jou vulkaniese as brand oor my hele wese.
Jou polsing maak my ‘n vrywillige slaaf.
Ons voetspore is maar een ry want jy dra my.
Ons woorde is gesinkroniseer.
Jou lag weerklink deur my
Jou sienswyse is myne
Ek is jy en jy is ek
Jou magnetiesveld hou my in die regte wentelbaan
Jou woorde vorm wolke van verlange in jou afwesigheid.
Jou hele menswees het myne vir altyd verander.
Ons woon in die paradys met voël gesang in ons ore.
Jy is die rots waarop ek kan voorbou.
Jy is die son wat my siel verwarm.
Jy is die rede waarom ek liefde gevind het.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply