Jou asem

Ek luister na jou rustige asemhaling; dit laat my glimlag. Dankie Heer dat ek nog ‘n dag saam hierdie spesiale mens kan deel. Dankie dat daar nog ‘n kans is vir lag en liefhê. Heer elke dag bid ek vir my geliefde. Dankie dat U luister en voorsien. Jy is soos ‘n waterstroom waarin ek kan afkoel op ‘n warm dag. Jou lag en grappe voer my weg uit hierdie soms wrede wêreld. Jou gebede vir my maak my veilig voel. Mag jou asemhaling reëlmatig bly. Mag hierdie dag se sonnegloed jou binneste verwarm. Jy is die voetpad wat my na ‘n geheime plek lei. Jy is die maanlose sterre waaraan ek my verwonder. Jy is my geliefde en daarvoor is ek baie dankbaar.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply