Jesus, my vriend

So baie hoor jy van Jesus, Wonderwerker en Redder,
Eers wil jy net meer lees oor Sy dade en dit wat Hy vir jou kan doen. Jy dink by jouself hoe kan die dinge moontlik wees.
Maar dis wat Jesus so anders maak.
Hy is nie ‘n mens, maar ‘n deel van God.
Die Here het geweet om ons te bereik sal Hy saam met ons moet beweeg. Om ons nader aan Hom te bring sal Hy soos ons moet wees.
Heer, hoe sal ons ooit dankbaar genoeg kan wees.
Maar nou, om nog nader aan die Here te kom, het jy nodig om Jesus as jou vriend te aanvaar. Iemand met wie jy alles kan deel.
Iemand by wie jy net kan gesels.
Iemand by wie jy raad kan vra.
Heer, maak ons bewus van U nabyheid.
Bring ‘n gevoel van opwinding by ons.
Heer, raak ons aan op so ‘n wyse dat ons heeltemal aan U sal oorgee. Jesus, dankie dat U so na aan ons wil wees.
Dankie dat U bereid is om ons vriend en vertroueling te wees. Wat ‘n vriend het ons in Jesus. Hy wat in jou plek wil staan.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Sjoe dt is soooo mooi dt my lang dag somer baie better gemaak my dag nogi begin maar
    weet dt n lang dagi vat voor le ma als nu beter

Leave a Reply