Jesus Christus

Heer, dankie dat U Christus na die aarde gestuur het. U het gesien dat die duiwel die mens se gedagtes kom oorheers het en op so ‘n manier het die mens goddeloos begin handel om mekaar seer te maak. Heer, dankie dat U tussen ons kom woon het en op daardie manier kon U aan ons wys hoe om te lewe. Heer, dankie dat U ons kom leer het het om goed te doen aan ander. Dankie dat U ons kom leer het wat dit beteken om ander te vergewe. Dankie dat U ons kom wys het hoe om U te dien en hoe om te bid. Heer, U het gesien hoeveel pyn en smart die duiwel tussen ons kom saai het. U het die siektes en leuens kom sien. Heer, dankie dat U ‘n deel van Uself vir ons gebring het. Leer ons om mekaar te vergewe soos Christus die vergewe het wat Hom gekruisig het. Heer, leer ons om mekaar lief te he soos Christus gedoen het. Leer ons veral U om aan U gehoorsaam te wees. Heer, dankie dat U ons kom leer het hoe om U te volg. Heer, danksy Christus het ons elkeen nou die kans om gered te word want ons is almal sondige mense en gevul met die sondigenatuur. Heer, seen elkeen van ons met liefde en vergifnes. Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply