Jakkalswater

Omring deur eeuoue rotse.
Gee jou vriendelikheid rus vir elke siel.
Vêr en wyd om te stap en bo jou probleme uit te klim.
Hier van bo die rante lyk jou probleme klein en gering.
Die asem kan diep tot in jou longe getrek word.
Die sonnetjie bring weer lewe en gevoel op jou vel.
Dit kleur jou bleek lyf tot ‘n dieper, ryper goudbruin.
Die ligsinnigheid laat jou weer ontspan.
Vergeet van die ernstige lewe in die stad.
Die grootsheid en stilte om jou bring mens nader aan God.
Dit maak jou weer dankaar vir Sy genade in jou lewe.
Jy besef weer hoeveel dit beteken om te lewe.
Die hardheid van hierdie aarde en tog het elkeen sy eie manier van oorleef en leef. Plant en dier.
Vriend en vyand.
Elkeen gewikkel in sy eie stryd. Elkeen besig om te onderhandel. Sommiges oorgelewer aan ‘n ander se genade.
Die harheid van grond waarin jou wortels lê, kan jou maak of breek. Hier op Jakkelswater, vergeet jy jou eie sorge.
Hier op die berge brand en smelt jou probleme en word deel van die wonder van gesmelte rotskleure. Hier leer jy weer van God se genade.
Jy leer van vertrou op God se goedheid en guns.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply