Inni bosse

Inni bosse is dit anners.
Tussen die gras en takke voel ek jou teenwoordigheid.
Inni ritsel vanni blare hoor ek jou stem.
Inni strale vanni son sien ek jou glimlag.
Soos die klippies soms deur my raak geskop word,
kom daar klein gedagtetjies in die stofwolkies opgeskop.
Die stilte van die bos druis deur my ore.
Die strompie water spoel oor my voete en koel my af.
Maar gedagtes van jou vlam deur my wese.
Die vars lug vul my longe en maak my kalm.
Maar jy, jy laat my hart vinniger klop.
Inni bosse is dit anners, jy is my bos.
By jou is ek inni bos.
By jou voel ek die warmte vanni son in jou hande op my lyf.
By jou hoor ek ritsel vanni blare as jy vir my fluister.
By jou brand my hart soos ‘n bosveldvuurtjie.
Die vlamme speel inni lug in op, soos jy met my speel.
Die roep van ‘n uiltjie hier iewers langs my in ‘n boom
dwing my gedagtes terug na nou.
Die woorde waarvoor ek so lank wag is op jou tong.
Die vonke in jou oë getuig van dit wat jy vir my voel.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply