In U skadu

Hoe heerlik is dit nie in U skadu.
Twee tree van my af smelt die teer.
Maar hier in U skadu waai ‘n koel briessie.
U tel my op U voete en ons dans oor die strand.
Ek sien uit die hoek van my oog die lewe verby gaan.
Daar is kinders wat saggies binnetoe huil.
Daar is Pa’s, mans, vriend wat probeer sterk staan.
Ek sien ‘n mamma verward, smagtend na U op kyk.
Die geluk wil vervang word deur ‘n hartseer trek.
Dan hoor ek my naam.
U liefdevolle stem roep na my, op my naam.
Ek kyk op, want dis waar my hulp vandaan kom.
Ek sien U glimlag, U hande wat steeds styf om myne gevou is.
Heer, dankie dat U nooit meer as ‘n tree weg is.
Altyd op U voete dans ek.
In die skadu van U genade is ‘n fontein om van te drink.
Heer, in U genade is ‘n rusplek.
Heer, by U rusplekke is ‘n diep put.
Heer, dankie dat ek my rommel in U put mag weggooi.
Heer, by U is my veilige hawe.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply