In U nabyheid

Soms voel ek so ver van U verwyder.
My alledaagse roetiene neem my oor.
Daar is altyd iets of iemand wat my benodig.
My gedagtes is ‘n netwerk van besluite.
Maar hier, so ver van dit alles, hier voel ek U nabyheid.
‘N meesterstuk uit rots gekap.
Hier is U asem koel en verfrissend.
Elke rotswand, elke klip het U self hier kom vorm.
‘N ruheid wat U krag tentoon stel.
En tog het U dit kom versier met fyn plantegroei.
Heer, hier, hoog op die bergtop sien ek ‘n klein stukkie hemel. Ek snak na my asem Heer, want U hand het my ook geskape.
Hier, in U nabyheid raak ek stil Heer.
Hier in U nabyheid voel ek nuwe krag in my are.
Ek aanbid die Lewende God.
Ek aanbid die Almagtige Skepper.
Wat ‘n voorreg om in U nabyheid te wees.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply