In U genadige hande

Heer, ons lees koerant berigte.
Ons kyk na ander om ons se seer.
Ons sien die verwoesting om ons.
Heer, sommige mense beleef baie hartseer.
Ander mense weer baie pyn.
Heer, vergewe ons wanneer ons soms struikel.
Verander ons twyfel in vertroue. Heer, U koms is dalk nader as wat baie mense wil glo. Tekens van die eindtyd is oral om ons te sien.
Heer, laat ons nie bevrees raak nie.
Laat ons nie moedeloos en verlate voel nie.
U koms is ‘n juiglike tyd.
U koms beteken bevryding.
Geen pyn of eensaamheid.
Geen vleeslike behoeftes.
Heer, U beskerming en liefde is al wat ons nodig het.
Heer, leer ons om vir mekaar te bid.
Leer ons om mekaar te verdra en by te staan.
Heer, ons leef in tyd wat so vinnig verby gaan.
Raak ons aan en maak ons gereed.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply