In U genade

Vroegdag skarrel ons rond om oral uit te kom,
maar dis alleen deur genade dat ons kon wakker word.
Iewers snak iemand na sy asem oor ‘n nuwe motor.
Danksy U genade het hy werk.
‘n Kleine kindjie sê vir die eerste keer Mamma,
want uit U genade kan sy hoor vandag.
Twee geliefdes koer vir mekaar,
deur U genade het U hulle vir mekaar gespaar.
‘n Pa stort ‘n traan van geluk, want sy seun is uit ‘n koma. Heer, U genade is onbeskryflik groot.
Ons kan saam lag en mekaar lief hê.
Die grootste daad van genade was die Kruis.
U het geweet, wat vir ons wag.
U het geweet hoe moeilik dit vir ons sou wees.
Heer, dankie vir U genade dade teenoor ons.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply