In U genade

Heer, in U genade het ons niks meer nodig.
Net U kan ons rustig maak.
Heer, U omvou ons met U liefde U gee ons krag om elke dag aan te gaan. Heer, ek bid vir elkeen wat hier lees.
Ek bid dat U haar sal aanraak.
Ek bid dat U sy pyn sal verlig.
Heer, by U is alles moontlik.
By U is geen geheime.
Geen perke oor wat U kan doen vir ons.
Heer, soms voel dit of ons net nie meer kan.
Soms dink ons dis die einde van ons bestaan.
Dan stuur U iemand oor ons pad.
Heer, altyd is daar iets goeds wat op ons wag.
Leer ons net weer dat U genade genoeg is.
Heer, leer ons net weer op nuut om werklik op U te vertrou. Heer, dankie vir U genade.
Dankie dat U omsien na my geliefdes.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply