In U beskerming

Soms voel ons so alleen in ons nood.
Somtyds sien ons nie die beskerming wat U ons gee.
Heer, ek bid vir elkeen wat vanaand eensaam is.
Ek bid vir elkeen wat voor ‘n kruispad staan.
Heer, daar is so min wat ons van ‘n ander weet.
Heer, my woorde is sag en min teen die pyn van ander.
My drukkies is soos ‘n veer in ‘n stormwind.
My gedagtes verdwyn soos die mis in die oggendson.
Saam my geliefdes loop die trane oor my wang.
Sonder ‘n antwoord moet ek maar net kyk wat gebeur.
Heer, my hart huil saam met hulle.
Gelukkig mag ek tot U bid.
Dankie Heer, dat U altyd in ons behoeftes voorsien.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply