In Sy spore

Rug gedraai op die wat jou t’rug hou
gefokus op dit wat vir jou uitgedeel is
Slag gereed staan jy met jou voete stewig op die pad
gewapen met selfvertroue en afwagting
Jou pad lê oop en onbekend
maar jy staan afwagtend, gereed vir enig’iets wat jou wil ontwortel Sy lig maak jou pad helder daglig sodat jy mooi kan sien
Al is dit soms dor en klipperig langs jou pad,
sal Jesus jou genoeg padkos gee
Onbekend kronkel jou lewenspad, en tog…
wees nie bevrees, net gereed om te reageer
wees nie mismoedig, net dankbaar vir elke lewensles
hou nie terug, want jy sal aanwysings kry
Jou pad mag kronkel deur onbekende landskap, maar jou toekoms sal altyd verlig word Vele oë hou jou dop vanuit die kantlyn, sommiges om jou met klippe te gooi, ander wag om in jou skadu te volg
Al is Sy spore soms verdof deur die sonlig wat in jou oë skyn luister dan net na Sy stem op die wind
Volg Hom en jou reis sal ‘n avontuur wees
Al moet jy jou pad alleen loop is Sy genade altyd om jou
Sluit jou oë teen dit wat jy nie moet sien
Sluit jou ore na dit wat jy nie moet hoor
Volg die roeping van jou siel en jy sal vreesloos wees.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply