In Sy hand

Sag is jy op my grasperk neer gelĂȘ.
‘Pas hom mooi op’ het die briefie gesĂȘ.
Ons eerste woorde en sinne was maar oppervlakkig.
Maar stadigaan het ek jou gehelp, vir jou donker ‘n lig.
Dit was nice om te hoor wanneer jy lag.
Maar jou boodskappe het verstil, hoewel ek wag.
Al wat oorbly vir my is om vir jou te bid.
Hier te wag en vir jou te bid.
Mag die Here jou bewaar daar waarheen Hy jou begelei.
Mag jy ons gesprekke onthou terwyl jy teen jou omstandighede stry. Mag die lig van my omgee jou pad verhelder.
Onthou die verhaal van die getroue Herder.
Jou gedagtenis sal in my bly voortleef.
Ek’s dankbaar vir die ure wat ons saam kon sweef.
Vandag het jy weer die in my tuin kom stap.
Net jou voetspore saggies in my hart kom trap.
In gebed sal jou naam hoorbaar wees.
Mag jy weet wanneer jy hierdie paar woordjies lees.
Mag ons kortstondige oomblik op die parkbank genoeg wees.
Mag die warmte van my omgee jou siel varwarm.
Sonder jou boodskappies voel ek leeg en arm.
Ek onthou ‘n tyd wat jy van alles wou vlug.
Jou ligter gemoed, jou vrede.
As ek net kon weet dat jy veilig is.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply