In ‘n stille uur

Met woorde wat nog plek soek om te staan,
met emosies wat alles wat ek verstaan wil vertrap.
Heer, staan ek weereens ontbloot voor U wonder skepping.
Elke geluidjie, hoe fyn en sag,
elke blaartjie met sy eie vertoonprag.
Heer, dit als het U geskep.
Elkeen met sy eie doel.
Heer, verstom besing ek U lof.
Heer, in eerbied bring ek my lied.
Hoe kan mense nog twyfel in U bestaan ?
Hoe kan die mens nog onverskillig teenoor U staan ?
Watse bewyse het hulle nog nodig ?
O, Heer, my God, dan sal ek moet getuig.
O, Heer, my Verlosser en Vriend, my Vader…
U beskerming teen die bose aanslae is waarvoor ek pleit.
Hoeveel te meer sal U nie aan my doen ?
Want U weldade is ongetel.
U Koningkryk se fondamente is reeds gegooi.
Waaroor sal ek my kwel ?
Jesus’s bloed het my reeds vry gestel.
Waarom sal ek U hande voel as ‘n muur teen my rug ?
Waarom sal ek U voetval misken as die van die vyand ?
Heer in hierdie oomblik van U openbaring
wil ek U lof en Heiligheid besing.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply