In my

Soms moet ek net weer ‘n oomblik gaan stil staan.
Om my rondkyk en binne my siel gaan delf.
Soms moet ek net weer die rotse onder my voete voel.
Ver oor die natuur uitkyk.
Dan kan ek God se grootheid opnuut besef.
Met die afgrond voor my voete.
Die ruimte van lug en natuur om my.
Elke plant en elke dier het U volmaak geskape.
Elkeen het sy doel en rede.
Soms word mense op jou pad wat jou wil ontwortel.
En soms kom daar weer mense wat jou ophelp.
God is altyd daar.
Soms is dit maar net ek wat Hom miskyk.
Soms is dit maar net ek wat rebeleer.
Maar altyd praat U met my.
Altyd probeer U my net weer op die regte pad kry.
U liefde sal my altyd beskerm.
U hou wag oor my geliefdes.
U stuur my vyande op ‘n ompad weg van my.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply