In My voetspoor

Voel jy vandag verlate en afgeskryf ?
Voel dit of alles wat jy aanpak jou van My verdryf ?
Soms is jou las swaar om te dra.
Soms is jou gemoed toe gewaai onder vrae.
Weet Ek is altyd by jou.
Reg om jou op te tel en die skuld gevoelens af te skud.
Stap tree vir tree in My voetspore.
Fokus op My roepstem in die wind.
Soos die branders van die see,
is Ek altyd besig om vir jou se├źninge te gee.
Wees op die uitkyk vir die kleinnode in die sand verskuil.
Rus ‘n oomblik en geniet die mooi wat voor jou is.
Ontelbaar soos die seesand is My liefde vir jou.
Ontembaar soos die branders waak Ek oor jou.
Nimmer eindegend soos die werking van die see,
So sluimer of slaap Ek nooit.
Loop in My voetspore op jou lewensstrand,
Teen die spoed wat vir jou gerieflik is.
Daar is ‘n roomys beloning wat vir jou wag.
Daar is ‘n oase paradys, ‘n einde aan jou nag.
Loop in My skadu op ‘n warm dag.
Jy is Myne, Ek het jou so lief.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply