In My arms

Soos, ‘n jongkind sal Ek My arms om jou hou.
My genade sal jou volg elke tree wat jy gee.
Wanneer jou voete te moeg is om verder te loop dra Ek jou.
Leun terug in die beskerming van My liefde,
hier sal niemand jou kan aanraak nie. Jou hulpkrete bereik My ore en My genade is reeds daar by jou. Raak rustig in die golf van oorvloed wat Ek op jou pad stuur. Voel My teenwoordigheid en wonderwerke in jou oomblik van twyfel.
Laat jou wortels diep in My gewortel wees sodat jy uit die stroom van genade jou voeding kan kry wanneer jou lewe ‘n droogte tyd deur maak. Raak rustig My geliefde kind, jy is spesiaal vir My.
Jou trane is aan My bekend en Ek stuur die nodige hulp vir jou. Rus jou kop op My skouer en weet Ek is by jou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply