In jou skadu

My lewe lank loop ek in jou skaduwee.
Al mis ek die meeste van die tyd jou tree.
Ek kyk op na die dinge wat jy doen.
Die voorbeeld om te vergewe en te versoen.
Ek luister na jou vriendelike woorde teenoor my.
Al gaan dit soms ongebruik verby.
Ek sien jou vriendelike glimlag wanneer jy my groet.
En jou raad en bystand gee my nuwe moed.
Ek’s bevoorreg om jou in my lewe te he.
“Ek is lief vir jou” is ‘n paar woorde wat eintlik baie meer se. In jou skadu is die son se strale nie te warm.
En sonder jou sal my hele wese verarm.
Heer, dankie vir hierdie besondere persoon.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply