In jou oë

Wat ‘n wonder om in jou oë te kyk: kleure wat so na aan die aarde is. Blou water van ‘n stille see. Ek voel veilig in die diepte van jou arms. Stadig, soos die kroonblare van ‘n pragblom, het jou liefde my omvou. Deur jou oë sien ek weer myself. Ek onthou weer wie ek eintlik is. Jou glimlag laat val die staal mure om my. En wanneer jy lag vir dit wat ek sê, voel ek nie skaam nie, maar lag net lekker saam. Deur jou oë sien ek weer die kurwes aan my lyf. Soos ‘n jong meisie huppel ek deur die oerwoud om my. Deur jou oë sien ek die lig wat my pad verlig. Sommer so, sonder dat ek dit verdien, kom verander jy my nag na dag. Deur jou oë sien ek weer kans vir die lewe.

Posted in Gedigte.

2 Comments

  1. By stile waterstrome vloei die water soos die bloed in my are en so ook vloei die krag van JESUS deur my en my siel smag so na my KONING en my Hemel Pappa,ja by die revier strome is dit stil en rustig.Die stil vloeiende waters maak mens rustig en kalm,want dan voel jy ook JESUS se teenwoordigheid ,ja JESUS voorsien ,want Hy is n waarmaker van Sy woord tot in ewigheid.

  2. Ek kyk na jou blou oe en dit laat my dink aan n water stroompie wat vonkel van blydskap en tog is hul vandag so stil en vaal soos of hul diep hartseer beleef,ek probeer met jou praat,maar jou oe staar net en jou gedagtes is op n ver plekie.Ek dink aan jou trane en voel hulpeloos wanneer jou blou oe so dof lyk,dis beter wanneer jy glimlag en vrolik is want dans jy so mooi op gewekte mensie met n klein hartjie.

Leave a Reply