In jou kloue

Vir ‘n oomblik staan ek op die rand van die afgrond:
die nuus is gebreek.
My vermoedens,
die vreesaanjaende gedagtes,
die gewag vir die toetsuitslae:
almal lei tot jou reputasie van vernietiging.
Jou kloue is diep in my liggaam geslaan;
my lyf slaan uit in koue vrees:
jy het my ingehaal.
Vir ‘n oomblik moet ek eers weer die skerwe optel.
Jou kloue mag in my liggaam wees,
maar my gees is buite jou bereik.
My siel sal jy nie aanraak nie.
Ontsterflik soos God se liefde.
Deur Sy genade en my geloof in Hom;
sal ek voortbeur deur die donker nag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply