In gebed

Wanneer jy My naam aanroep in gebed sal Ek by jou wees
elke woord wat jy spreek neem Ek ter harte.
Jou traan gebruik ek soos mos om jou oop wonde te beskerm
Ek hoor die woorde wat jy nie kan sê in jou snikke
nader My in gebed en gesels met My
Ek wil hoor van dit wat jou bly maak
Ek wil hoor wie aan jou saak maak
Onthou ‘n vriend se pyn en bid vir hom
onthou om te vra vir dit wat jy graag wil hê
My antwoord mag jou dalk net verbaas
Altyd is My genade om jou gevou
altyd gee Ek jou ‘n keuse
Jou vyande sal Ek ‘n oomblik na hul asem laat snak
Jy, My geliefde kind, moet My net nader in gebed
Jou woorde sweef op die wind na My
Al hoor jy net die donderslae Ek hoor jou gebed
Al praat almal om jou luister na My fluistering in jou siel
Al wil die pyn jou van jou sinne beroof voel My sagte aanraking Jy is My lieflingskind, jou woorde raak My aan
Nader My in gebed en Ek sal jou verder dra.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply