In die wind

In die eensaamheid van jou bestaan beteken elke oomblik iets. Jy hoor die woorde wat ander spreek oor jou.
Soms maak die woorde jou twyfel in jouself.
Soms sal die woorde jou laat glimlag.
Maar woorde wat jou wil oopkloof en vernietig moet jy verby laat gaan. Woorde is soos grassade in die wind.
Laat die woorde wat goed is vir jou in jou wortel skiet.
Gee aandag aan die komplimente en laat dit jou beskerm soos mos die boombas beskerm.
Laat woorde van liefde en omgee jou laat blom en terug dink vir wanneer harde en koue woorde oor jou kom. In die wind kan mens soms ego’s van spoke hoor.
Woorde kan met jou gedagtes speel.
Maar net jy kan besluit watter woorde gaan jou aanraak.
Vergeet die woorde van haat en vernedring.
Luister na die sang van ‘n nagtegaal.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply