In die vroeë oggenduur

Die dag breek aan.
Die stilte word al minder.
Die voëltjies kondig opgewonde die oggend aan.
My gedagtes dwaal oor jou aandeel in my lewe.
Heer, dankie vir hierdie lieflingskind van U.
Dankie vir die sagte woorde wat U voorsê.
Dankie vir die warm glimlag wanneer ek oorlaai is.
Heer, dankie vir die geduld wanneer myne op is.
Soms is my woorde min.
Soms behoort my tyd nie aan my.
Maar jy is altyd in my gebede.
Mag jy deel bly van my toekoms.
Ek sien kans vir die hede.
En is dankbaar vir ons verlede. Heer, ontferm U tog oor my geliefde vriend. Hoor die noodkreet.
Genees die siektes en seer.
Aanvaar die lofoffer van my geliefde.
Heer, dankie vir spesiale mense wat alles die moeite werd maak.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Die dag breek aan.

Leave a Reply