In die stormwind

In die stormwind kom jou fluisterstem tot my deurdring. Eers net sag, asof ek my dit verbeel het. Die reëndruppels val hard teen my vel, dan voel ek die warmte van jou aanraking. Jou sagte strelende hand om my te vertroos. Die hitte van jou lyf wat my omvou. Dankbaar rus my kop teen jou bors. My asemhaling verstil tot jou rustige tempo. Onbewus van die blitse om ons is my oë op jou gevestig. Jou hand vee die reënverdunde trane van my wang. Die palm van jou hand omvou my ken. Die hitte van jou lippe ontdooi die ou bekende ek. Jou soen op my voorkop, die teken van jou liefde vir my, het jy so lank terug belowe. Die nag verstil en word dagbreek. Die donker maak plek vir ‘n ligte oranje oor die veld. Hier in die skemer en koel oggendlug weet ek dis die eerste dag van ‘n wonderlike nuwe lewe saam jou. Soos jou donker figuur vorm aanneem in die eerste daglig erken ek die kleur van oë, die vorm van jou gesig. Ek glimlag spontaan wanneer ek die liefde in jou kykers lees. Jou siel het my onthou. Jou omhelsing het my omvou. Nooit weer sal ons liefdesvuur vergaan. Geen koue of reën sal dit ooit kan blus. Die natuur word sagkens wakker gemaak deur ons skaterlag. So wonderlik die uitbundigheid van ware liefde.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply