In die stilte

Heer, terwyl die dag nog stil is.
En voor my gedagtes begin wegdwaal.
Terwyl alles om my nog ontwaak.
Heer, wil ek bid vir elke siel.
Die wat soekend is Heer, laat hulle vir Jesus vind.
Die wat pyn het Heer, gee vir hulle verlossing.
Heer, ek bid vir die wat vandag van ‘n geliefde moet afskeid neem. Daar is mense wat vandag moedeloos voor U staan.
Ai Heer, soms lyk dit of die mensdom so swaarkry kry.
Asseblief Heer, raak elkeen aan wat na U roep.
Gee hulle ‘n teken dat U wel ‘n God van liefde is.
Heer, raak hulle aan sodat hulle sal weet U is met hulle.
Heer, my woorde voel soms te min.
Maar ek ken die krag van gebed.
Heer, ek weet U hoor elke smeekgebed.
In dankbaarheid bid ek tot U.
Die stil sielsgebed sal ook meriete dra.
Heer, U luister na die siel, daarom hoef ons net te vra.
Al is ons woorde min.
Al kry ons net uit: “Here help my”
Daarom is U trooswoorde altyd “Wees nie bevrees nie want Ek is met jou”

Posted in Gedigte.

Leave a Reply