In die oggendson

Die blink, nattigheid in jou verstarde oë.
Die woordelose onbevoegdheid van my eie onvermoeë.
‘n Reguit lyn waar jou glimlag behoort te wees.
Watter woorde kan ek sê om jou te genees.
Die flitse in jou oë is die van onthou.
Oomblikke van jul saamwees en niks weerhou.
Die stroom van krag wat uit my liggaam vloei,
is my enigste wapen om jou te boei.
My aanraking is om jou te vertroos.
Uit mekaar verskeur deur ‘n ander se plan, onnodig boos.
My woorde hang ongesê tussen die twee van ons.
Die stilte word verbreek deur jou hart se bons.
Onvanpas voel ‘n gebed dalk nou vir jou.
Het die Here dan nie die goeie dinge onthou ?
Het Sy belofte regtig nodig gehad om nou, op hierdie oomblik, vervul te word ? Kyk net op en jy sal die dag voel warmer word.
Sy liefde is al waarvan ek jou kan verseker, my vrind.
Al voel jy nou net die koue wind.
Die bietjie hitte wat jou hartklop aanmoedig,
wil ek probeer uitbring met hierdie gedig.
In die lig van die oggendson wil ek die seer uit jou siel haal. In die lig van die oggendson wil ek die rede bepaal.
Maar geen rede kan ek verskaf aan jou, my liewe vrind.
Net hierdie paar woorde om jou aan God te bind.
In die lig van die oggendson sal die grys wolke in mooi kleure om jou drapeer. So wil ek jou pyn wegvat, verminder so jou seer.
Net Jesus kan vertroosting bring vir jou.
Hy sal jou nie vergeet, Hy’t ook jou broer onthou.
Voel Sy liefde en gee jou verdriet aan Hom.
Want ek is net ‘n mens, my woorde is stom.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply