In die middernag

Omring deur die donker nag.
Geen maanlig.
Geen sterre.
Net die donkernag.
Net ek.
Ek soek na iets wat soos lig lyk. Ek soek na die flikkering van ‘n verskiettende stêr. Het U my dan vergeet Here ?
Of kan ek U werke net nie meer sien ?
My hande tas rond in hierdie donker moeras.
My stem eggo sonder antwoorde terug na my.
Soos Jesus wil ek vra : laat hierdie beker by my verby gaan. Ek hoor ‘n harde donderslag.
My ore sing.
My siel roep na U my God.
Hoor my hulpkreet in hierdie nag.
Wees my genadig tot die son weer deurbreek.
Laat my weer U aanraking voel.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Baie dankie vir hierdie gedig, want dit is hoe ek voel in my persoonlike situasie, ons land en ons nasie! Dinge ruk nt vir my meer hande-uit en tog voel of my GOD my verlaat ht! Ek klou vas aan beloftes soos as jy JESUS ni sien ni, is dit omdat Hy jo dra!

    Baie dankie

Leave a Reply