In die maanlig

Die silwer streep maak jou glimlag net-net sigbaar, ek wil met my vinger jou lyne sagkens namaak. Ek luister na jou stem en hoor die rustige kabbel van ‘n stroom. Wanneer jy jou arms oplig sien ek myself daarin wegraak. Die sterre verdof wanneer ek in jou oë kyk. So, hier naby jou, sien ek die duining van jou liggaam in die maanlig. My vinger trek saggies oor jou warm lyne. Dalk sal die aanraking jou tot nuwe hoogte punte bring. So, hier naby jou, sien ek die rippel-effek wat oor jou lyf na myne strek. Ek word bewus van jou bewondering. Hier in die silver maanlig verander alles in goud. Die uitkyk na die verte word beperk tot die binnekant van jou siel. Hier, in die silver maanlig, kan ek nie veel sien nie. Maar my hande voel die opwinding deur jou trek. My lippe voel die blydskap wat op joune rus. Hier in die maanlig behoort jy net aan my.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply