Iewers

Iewers agter al hierdie donker, swaar gordyne,
moet daar tog lig deur skyn.
Iets suiwer moet tog deur kom deur die seine.
Die mis moet tog verdwyn ?
Nie waar nie …
Die mens se denke is beperk tot sy eie gedagte.
Sy werke sprei tot ‘n volgende persoon,
vul hom of haar met ‘n gevoel van iets te verwagte.
Dink voor jy net handel.
Iewers sit ‘n geliefde en wag op nuus.
Is haar seun veilig en warm ?
Gaan sy dogter se lewe gered kan word ?
‘N ander se lewe lê aan skerwe as gevolg van een oomblik se swakheid. Iewers in al hierdie donker is daar lig.
Heer, die mens is so ver van U verwyder.
So baie weet nie waarvoor ons eintlik bestaan.
So min mense besef dat alles net oor U gaan.
Heer, leer ons weer om werklik in gebed te glo.
Heer, kry ons gedagtes asb weer gefokus op U.
Laat ons weer U wil vra.
Heer, leer ons om op U te vertrou.
Heer, ek bid vir ‘n volk wat lê.
‘N volk wat stil geword het Heer.
Iewers het ons mekaar verloor.
Iewers, Heer, word nog ‘n geliefde vermoor.
Heer, ons roep U Naam, ‘n blote fluistering.
Heer, U aanraking bring ‘n warmte iewers waar dit koud is.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply