Iewers

Om my hoor ek vrolike gesels en gelag.
Maar iewers is dit iemand se laaste dag.
Om my is gesiggies glimlaggend en bly.
Maar ek’s halfbewus van emand wat swaar kry.
Vrolike kinderstemme kloof die lug in.
Maar iewers roggel iemand ‘n laaste sin.
Heer, ek voel U teenwoordigheid hier waar ons kamp.
So naby die natuur, het die woel van die week verdamp.
Heer, U ken die mense wat met hul laaste voorbereiding begin. Om deel te word van die Engelekoor wat ons hoor sing.
Heer, tog is daar ook die wat nie eens bewus is
van die feit dat dit hul laaste dag is.
Al die lof en eer word U toe gesing.
Aanvaar die nederige loflied wat ons bring.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply