Huisie in die Vallei

Rustig, weggesteek tussen die berge staan ‘n ou plaas opstal. Bytjies speel tussen die blomme heen.
Die vrede van God kom waai die probleme weg.
Die stilte kom vertel van Sy beloftes.
Eendag sal Hy ons kom haal.
Die stroompie kabbel en ‘n vissie spring op.
Die onweerswolke kom van die berg oorgespoel.
Maar in die vlakte word dit rustiger.
Eenkant wei ‘n bokkie, kort-kort lig sy haar kop, spits haar ore. Die son bak op die klippe, ‘n dassie lĂȘ en geniet die hitte. Die koel water bring verligting vir mens en dier se dors.
Elkeen van ons smag na die vrede en kalmte van die vallei.
Die kalmte van die stroompie om deur ons te spoel.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply