Hoor My roepstem

Nooit mag jy ophou bid nie, want Ek hoor jou elke keer. Nooit mag jy ophou vra nie, want Ek sal jou gee wat jy nodig het. Hou vas aan My belofte, want jy is Myne. Kyk om jou rond en weet jy is nie alleen nie. Luister na goeie raad wat ander jou gee. Hou op om jouself voor ander te verneder. Jy is Myne. Ek het jou geskape vir ‘n spesiale doel. Mense kyk met stille bewondering na jou. Wees rustig. Kyk na die natuur om jou. Elkeen se doel is vir hom gegee. En elkeen is toegerus met dit wat hy nodig het om sy doel te bereik. So, My geliefde kind, is jy ook toegerus met dit wat jy nodig het. Raak stil en luister na My roepstem. Raak rustig en weet dat Ek jou sal dra. Vertrou op My alleen, want mense verander so maklik van rigting. Gee jou hand vir My en voel My teenwoordigheid. Raak stil, My geliefde kind. Luister na My roepstem. Ek het jou geskape. Jy is Myne.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Sjoe dit is Awesome, so wat ek nodig gehad het, sukkel om ‘n werk te kry en voel net nie goed vir niks ni, dit is rerig sleg om so te voel! Dankie HERE ek wil U hand vat mt albei myne, AMEN!

Leave a Reply