Hoog verhewe God

Ek staan hier, verlate, verward.
My siel roep na U, my God.
Die seer, die onsekerheid, my eie menslikheid, hou my terug. My oë gaan op na bo, want dis waar ek U sal vind.
In die vorms van die wolke sien ek dit.
Gedaantes want smeekend hul hande lig.
Ander lyk of hulle dans en vrolik is.
So is die mens se siel, bring U die gedagte by my.
Heer, altyd sal U na ons omsien. Ek moes glimlag, ten spyte van my twyfel. Ek moet U loof en prys, want U genade ken geen perke.
Altyd, Heer, altyd sal U vir ons ‘n antwoord stuur.
Soms is dit nie wat ons wil hoor. Soms val ons vêr en kry seer. Maar U liefde is getrou.
Daarom kan ek steeds jeubel en juig.
Daarom kan my siel my hande hef na U.
Daarom sal ek nie meer twyfel.
Want my Jesus leef.
Hy het opgestaan.
Daarom kan my siel nog juig.
My Jesus het opgestaan is wat die natuur getuig.
Heer, U liefde is geneesend.
U goedheid en guns sal my volg waar ek ookal afdwaal.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply