Hoofweg na my paradys

Ek sien jou staan, daar eenkant, verlate en alleen.
In my gedagtes speel my vingers reeds deur jou hare.
Ek stap nader, maak of ek jou nie sien nie.
Maar in my gedagtes is my lippe reeds sag op joune.
Jou stem dring sag tot my deur.
Ek is te bang om in jou oë te kyk.
Wat sal ek vind ?
Jou stem nooi my om om te kyk.
En wanneer ek doen sien ek miljoene liggies.
Jou hand vee die traan van my wang af.
Jou lippe druk dit saggies droog. Wanneer jy sonder woorde my na die dansbaan lei sweef ek. Jou lyf so styf teen myne.
Ons beweeging is een.
Stadig op ‘n slowdance.
Stil en sterk.
Lewend en vir ewig.
Ons voete is teen mekaar.
In gelit.
Ons hartklop warm.
Een klop.
Jy is die hoofweg na my paradys.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply